WES-KAAP NUUS - Vyftien leerders van die Hoër Landbouskool Oakdale het die afgelope vakansie die Wes-Kaap verteenwoordig tydens die SA jeugskou-kampioenskap te Bathurst in die Oos-Kaap.
Oakdale verwerf vier goue, twee silwer- en twee bronsmedaljes in die individuele klas en vyf goue medaljes in die groepklasse.
Die span van die Wes-Kaap was ook die algehele wenner en is aangewys as die beste jeugskouspan in Suid-Afrika.
Medaljewenners in die individuele klas:
Goud: Visser Wessels (wolskaap junior), Dehan du Pisani (sybok junior), Emdee Deysel (vleisskaap junior), Chrisjan Oosthuizen (suiwelbees senior)
Silwer: Jeandré Vermeulen (vleisskaap se-nior) Stephaan du Toit (suiwelbees senior)
Brons: Kevin Strydom (pluimvee junior) en Adriaan Fourie (pluimvee senior)
Oakdalers wat goue medaljes in die onderskeie groepklas gewen het is:
Suiwelbees senior: Chrisjan Oosthuizen, Stephaan du Toit en Gerick Müller.
Vleisskaap senior: Jeandré Vermeulen en Tiaan Niehaus.
Vleisskaap junior: Emdee Deyzel.
Wolskaap junior: Visser Wessels.
Angorabok junior: Dehan du Pisanie
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'