AGRIKULTUUR NUUS - “NAMPO Kaap skep geleenthede vir die jeug om nie net die toekoms van landbou raak te sien nie, maar om ook aktief betrokke te wees deur Jeugskou. Leerders kry die kans om landbou eerstehands te ervaar."
"Om met diere te werk is 'n voorreg, want dit leer verantwoordelikheid en bevorder emosionele groei."
"Kinders se veiligheid en gevoel van onafhanklikheid word albei verhoog deur die skakel wat tussen mens en dier ontwikkel,” sê Madeline Kriel, koördineerder van die Overberg-streekjeugskou in Bredasdorp.
Overberg Streeksjeugskoukompetisie
Die Overberg Streeksjeugskoukompetisie wat op Saterdag, 16 September 2023 plaasvind, is een van agt streekkompetisies in die Wes-Kaap waaraan leerders deelneem om vir die Wes-Kaapse Jeugskoukampioenskappe te kwalifiseer.
Tydens die WP-kampioenskappe word 'n span gekies om aan die Nasionale Jeugskou-kampioenskappe deel te neem.
Seuns en dogters tot die ouderdom van 17 kan aktief aan die Jeugskou-kompetisies deelneem. Die drie ouderdomskategorieë is: Junior-juniors (ouderdom 5-10), Juniors (ouderdom 11-14) en Seniors (ouderdom 15-17). Die 14 klasse waaarvoor ingeskryf kan word sluit in: melk- en vleisbeeste; wol- en vleisskape; Angora-, vleis- en melkbokke; pluimvee; perde; wedvlugte en sierduiwe; konyne; jong afslaers; kulinêre kuns en suiwelbereiding. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Augustus 2023. Om in te skryf kontak Madeline Kriel by madelinekriel894@gmail.com of 071 280 0239.
Pierre Human, ondervoorsitter van die Wes-Kaapse Jeugskouvereniging, en ’n jeugskouafrigter, sê dit is belangrik om veral van jongs af die jeug by die landbou te betrek. "Ons het gevind dat jeugskou baie gewild is, veral onder leerders wat nie gereeld toegang tot landbou het nie. Dit is van kardinale belang om hul blootstelling en deelname aan landbou te ontwikkel en aan te moedig vir 'n volhoubare toekoms."
Agri Expo Jeugskou opleidingsessie by NAMPO Kaap
“Die twee jaar van geen Jeugskou-aktiwiteite weens die COVID-19-pandemie nie, het ’n nadelige uitwerking op die deelname van jonger leerders gehad. Ons het 'n afname in die aantal inskrywings van jong en nuwe Jeugskou-deelnemers gesien."
"Met die ondersteuning van Agri Expo is ons in staat om vir eerstekeer-deelnemers van 5 – 13 jaar 'n opleidingsessie in alle klasse by die Overberg Sreeks jeugskou aan te bied. Deelnemers sal belangrike vaardighede aanleer om hul Jeugskou-loopbane van stapel te stuur,” verduidelik Madeline Kriel.
“Jeugskou behoort 'n groter rol in die Suid-Afrikaanse Landbousektor te speel. Jeugskou is 'n bron van toekomstige landbouleiers, en dit kan gesien word in die prestasies van voormalige Jeugskou-mededingers in tersiêre opleiding en die professionele wêreld. Ons verwelkom hierdie geleentheid om ook leerders met gestremdhede en leerders uit benadeelde agtergronde bloot te stel aan die voordele van jeugskou,” sê Breyton Milford, voorsitter van die Wes-Kaapse Jeugskouvereniging.
Die opleidingsessie vir alle klasse vind op 16 September van 08:00 tot 09:45 plaas. Vir meer inligting, of om in te skryf, kontak Madeline Kriel by madelinekriel894@gmail.com of 071 280 0239.
Borge ondersteun Jeugskou
'n Kompetisie soos hierdie sou nie moontlik wees sonder die ondersteuning van borge nie. “Ons is dankbaar vir die borgskappe van Neptun, BKB, Hollard, Wes-Kaapse departement van landbou, Voermol, ARDS, Agri Expo en Varsmark Bredasdorp vir hul ondersteuning. Hulle is deurslaggewende vennote van Overberg Jeugskou en deel die liefde vir landbou,” sluit Me. Kriel af.
Sien jou daar!
Registrasie vind vanaf 8:00 by Hek C, BKB Lewendehawesentrum plaas en inskrywings moet teen 30 Augustus ingedien word. Vir meer inligting kontak Madeline by madelinekriel894@gmail.com of 071 280 0239.
Toeskouers is welkom om die gees van Jeugskou en wat die kompetisie behels op die 16de September 2023 vanaf 10:00 te ervaar. Die diere sal by die BKB Lewendehawesentrum vertoon word, en die kulinêre kuns en suiwelbereiding sal in die Distinctive Choice-tent voor die BKB-gebou wees.
Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za. Pryse is R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. Voorskoolse kinders kom gratis in.
Daar sal kaartjies te koop wees by die hekke, teen R90 vir volwassene.
Die ekspo duur van Woensdag, 13 tot Vrydag, 15 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 16 September van 08:00 – 15:00.
Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584 / 082 896 2225 of www.overberg-info.co.za.
Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2023, besoek www.expo.org.za, kontak Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ‘n e-pos aan admin@expo.org.za
Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584 / 082 896 2225 of www.overberg-info.co.za.
Die ekspo duur van Woensdag, 13 tot Vrydag, 15 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 16 September van 08:00 – 15:00.
Die opleidingsessie vir alle klasse vind op 16 September van 08:00 tot 09:45 plaas. ‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’