MIDDELBURG NUUS — Dié Vrydag en Saterdag, 3 en 4 Februarie, is weer Skou-naweek op Middelburg.
Louis Vorster kan gekontak word by 078 389 6095 oor die Merino’s en Jeugskou wat Vrydag om 9vm begin, asook Saterdag se Boerbokke wat 9vm geskou word. Andries Mellet is in beheer van die Perdeprogram - hy kan bereik word by 082 927 9712.
Sugar Plum gaan Vrydag die kinders om 11vm en dan weer om 2nm vermaak. Share Address is die gaskunstenaar wat by Vrydagaand se steak-ete gaan optree. K
ontak dadelik vir Rencia Pretorius by 082 681 2807 om jul ete-kaartjie te bespreek! Chris van der Walt hanteer Vrydag om 12nm die Slaglam-uitslae. René Joubert is in beheer van die stalletjies. Kom ondersteun die kosstalletjies en koop gerus klere, juwele en ander items!
Verseker een van die die hoogtepunte vir Vrydag is die Jiddan Gedenkplaat wat om 5.40nm plaasvind. Daarna word die dag se gebeure afgesluit met die Boeresport met perde om 6.10nm gereël deur Luané Stapelberg.
Skakel gerus vir Armand Lotz by 079 147 0409 om meer inligting te bekom oor Saterdag se Motorfiets Funride om 10vm asook die Skeerdemonstrasie wat om 1nm plaasvind.
Met soveel vermaak vir jonk en oud is hierdie skou ‘n moet vir elkeen! En wanneer die groot dors intree, is die Biertuin verseker die plek om jou dors te gaan les (Vrydag vanag 10vm en Saterdag vanaf 9vm). Saterdagaand word die skou afgesluit met ‘n jolige sokkie vanaf 7nm!
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'