NIEU-BETHESDA NUUS - Op Woensdagaand, 6 Maart, tree Tanja Storm in Nieu-Bethesda by The Ibis Lounge op.
Maak seker dat jy nie hierdie aand van vermaak misloop nie!
Produktief, entoesiasties, kreatief en begaafd, is Tanja Storm 'n veelsydige en vaardige sanger, musikant en musiek-direkteur.
Sy het haar debuutalbum in 2009 vrygestel, met haar eerste musiekvideo (Tevergeefs) wat op KykNet uitgesaai word. Sy is onlangs terug na die ateljee ná jare se suksesvolle projekte met verskeie coverbands en teaterwerk, en het talle van haar jongste enkelsnitte nommer 1 word ook nou op KykNet uitgesaai.
Woonagtig in die skilderagtige Tuinroete, is Tanja geen vreemdeling vir die musiektoneel nie en het sy verhoë gedeel met sommige van die land se top-kunstenaars.
Op Woensdag 6 Maart sal hierdie fenomenale kunstenaar by The Ibis Lounge stop vir 'n aand van onvergeetlike musiek.
Met haar sielvolle stem en gesofistikeerde lewering, sal Tanja van haar oorspronklike werk asook ou bekende gunstelinge opvoer saam met Charlie Winter (kitaar) om 'n onvergeetlike en genotvolle aand te skep.
Beperkte spasie! Bespreek jou plekkie en maak seker jy ontmoet vir Tanja en Charlie op 6 Maart!
'Ons bring jou die nuutste Nieu-Bethesda, Karoo nuus'