Video
GRAAFF-REINET NUUS EN VIDEO - Musiekliefhebbers van Graaff-Reinet was verheug om die bekende operasanger Kevin Leo en die tenoor Jannie Moolman verlede Woensdag in die Karoo te verwelkom.
Dié talentvolle duo het 'n onvergeetlike vertoning in die John Rupert-teater aangebied, waar teatergangers saamgesing, gedans en 'n glasie wyn geklink het.
Leo en Moolman het gaste op 'n sentimentele reis deur die dekades geneem, met treffers soos I Dreamed a Dream, Liefling en Lisa se Klavier. "Ken julle dié een?" wou die duo weet oor 'n Elvis-treffer. "Dit was nog op so groot CD; 'n plaat!"
Beide Leo en Moolman het aan die Advertiser gesê dat hulle opgewonde is oor hul Graaff-Reinet vertoning. "Dié is die mooiste dorpie."
Die duo is tans op toer, en het voor hul besoek aan Graaff-Reinet opgetree in Port-Elizabeth, Uitenhage, Kaapstad, Robbertson en Durbanville. Hulle sou vroeg Donderdagoggend reis na Ficksburg.
Volgens Moolman het hy nie enige rituele voor 'n vertoning nie. Leo gaan wel nie op die verhoog sonder 'n klein pers klippie in sy sak nie. Wat maak dié klippie? "Nee, dis net 'n klippie."
Kyk 'n video hieronder:
"Liefling, kan ons nie maar vergeet en vergewe?" Jannie Moolman bederf gaste met out treffers.
Operasanger Kevin Leo in aksie in die John Rubert-teater
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'