GRAAFF-REINET NUUS - Die bekende vrouekomediant Ilne Fourie, bring haar gewilde eenvrouvertoning, Sharrap en eet jou kos, na Graaff-Reinet met 'n vertoning Vrydagaand, 29 Oktober, in Spandau Sekondêr se skoolsaal.
Met dié lekkerlagkomedie gaan loer sy na die doen en late van kelners en die uitdagings wat hulle daagliks moet trotseer. Sy steek ook die draak met kliënte, klante en klakouse en kyk wat agter die skinkborde gebeur.
Dié komedie, wat jou lagspiere behoorlik gaan prikkel, is só gewild dat RSG dit nou in 'n radiokomedie verwerk het.
Dié familievriendelike vertoning begin om 18:30 en kos R50 per persoon. Niemand sal sonder maskers toegelaat word nie en alle Covid-10-protokolle sal gehandhaaf word.
Kontak Rosemary Koeberg by 083 228 4840.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'