VERMAAK NUUS - Plaaslike bewonderaars van Elvis Blue, Koos van der Merwe en die Klikkerlandseries moet gerus naderskuif en op Sondag 29 April die Kanaal - kykNET DStv-kanaal 144 dophou om te sien of die Ghoema benoemdes weer vanjaar wegstap met goue beeldjies.
Die gala-geleentheid gaan regstreeks uitgesaai word om 20:00 en word vanjaar by Emperors Palace se Theatre of Marcellus in Johannesburg gehou.
Elvis
Elvis het 7 nominasies gekry en is weereens die hoogste genomineerde kunstenaar hierdie jaar. Hy het vier nominasies in die kategorie - Beste komposisie van die jaar vir - Die Brug/Elke Hart/Werner/Skree (wat hy saam met Riana Nel vir Steve Hofmeyr geskryf het)); ook Beste Kontemporere Album van die jaar deur ’n Manlike Kunstenaar vir die 2017 album Die Brug asook Beste vervaardigerspan te same met Ewald Janse van Rensburg vir die album Die Brug.
Koos van der Merwe
Die bekroonde liedskrywer, digter, predikant en solo kunstenaar Koos van der Merwe is benoem in die Beste Samewerkingsgroep saam met Matthys Maree. As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop, met treffers soos "Houtkruis" uit sy pen. Gedurende 2012 begin Koos met die vertaling van Cohen se grootste treffers soos "Dance me to the end of love", "Suzanne", "Hallelujah" en "Famous blue raincoat".
Koos van der Merwe is ook benoem vir 'n Ghoema saam met Matthys Maree in die afdeling Beste Samewerkingsgroep.
Carina Beukes
Carina Beukes en Marinda Fourie die mede-vervaardiger van die Klikkerland TV-reeks is verheug oor die twee benoemings vir die 2018 Ghoema-toekennings in die afdeling - Beste Kinder DVD of Album. Die George kindervermaaklikheidsgroep is opgewonde oor die benoeming van hul Klikkerland Volume 4 DVD en hul album genaamd Die Liedjies wat ons sing Klikkerland Musiek. Die twee benoemings vir die Klikkerlandseries is tussen die vyf wat meeding om as wenners aangekondig te word.
Top vermaak en rolspelers
Die kykNET Ghoema-Toekennings bring elke jaar die grootste rolspelers, in die musieklikheidsbedryf bymekaar om die werk van die afgelope jaar te vier. In 2018 vier die kykNET Ghoemas hul sewende bestaansjaar en bly dit steeds een van die mees gesogde toekennings vir enige kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf om te wen.
Oor die afgelope 6 jaar het die Ghoemas ’n reuse impak gehad op die loopbaan van alle kunstenaars wat dit gewen het. Daar was hierdie jaar 464 individuele inskrywings vir die 38 unieke kategorieë deur 85 kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers en ‘n rekord aantal inskrywings vir die Hip-Hop kategorie.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'