GRAAFF-REINET VERMAAK NUUS - Aanhangers sal verheug wees oor die nuus dat die Bottomless Coffee Band eersdaags in Graaff-Reinet gaan optree.
Die Bottomless Coffee Band, ‘n musiek-duo wat bestaan uit die getroude musikantpaar Lourens en Esté Rabé, sal op Donderdagaand, 11 April, by Hoër Volkskool te sien wees.
Sedert die bekendstelling van hul heel eerste album, het Lourens en Esté Rabé breedvoerig getoer deur Suid-Afrika, Namibië, Europa en die VK en het hul, met ’n verskeidenheid instrumente, storievertellings en energieke, inspirerende optredes, vinnig gehoor gunstelinge geword.
Vergesel die Kaap-gebaseerde paartjie op ’n reis deur hul musiek met hul vertoning ‘ Sitkamer Sessie’ wat binnekort plaaslik gehou gaan word.
Kaartjies vir dié vertoning, wat in die opelug in die skool se vierkant sal plaasvind, beloop R120 per persoon en R80 vir skoliere, en sluit ligte verversings in.
‘n Snoepie en ‘n kontantkroeg sal ook op die aand beskikbaar wees.
Kaartjies kan by die skoolkantoor aangeskaf word. Skakel 049 891 0514 om meer hieromtrent uit te vind.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'