GRAAFF-REINET NUUS — Fliekvlooie word die komende naweek met 'n spesiale vertoning van die gewilde fliek 'Vir die Voëls' bederf.
Dié fliek is gebaseer op die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), wat voor die kansel beland saam met die man wat haar sedert haar kinderjare geteister het.
Die vertonings se opbrengste sal aan die plaaslike tak van die Christelike Maatskaplike Raad, wat gestig is om hulpverlening en opheffing in die Graaff-Reinet gemeenskap te bewerkstellig, oorbetaal word.
Daar sal twee vertonings van die fliek in die John Rupert-teater dié Vrydag gehou word: een om 3nm vir die jeug teen R20 'n kaartjie en een om 7nm die aand vir volwassenes teen R30 'n kaartjie.
Kaartjies is by Hoër Volkskool beskikbaar. Skakel Sakkie van Zyl by 076 279 4182 vir navrae.
Gratis verversings sal voor die vertoning aangebied word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'