GRAAFF-REINET NUUS — Vir die afgelope 17 jaar vermaak Pierre van Pletzen daagliks kykers as die geliefde karakter “Oom Oubaas” in die bekende sepie 7de Laan.
Graaff-Reinetters word genooi om saam met dié geliefde akteur te kom kuier wanneer hy vir die eerste keer in sy jarelange loopbaan in Graaff-Reinet sy verskyning maak.
Die geleentheid, wat op Saterdag, 15 April om 7nm by Profcon plaasvind, word ten bate van die plaaslike Christelike Maatskaplike Raad-tak gehou.
Kaartjies, teen R80 per persoon, is beskikbaar by die CMR-kantoor te Middelstraat 12 en sluit 'n ete in. Kaartjies kan ook bekom word by Sakkie van Zyl (076 279 4182) of by die Graaff-Reinet Advertiser-kantoor in Kerkstraat.
Moenie hierdie geleentheid deur jou vingers laat glip om hierdie bekende akteur in lewende lywe te ontmoet nie.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'