SUID-KAAP NUUS - Daar is puik vermaak vir kinders tydens die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn.
Op Dinsdag 11 April en Saterdag 15 April kan die kleinspan deel in die aksie in die Klikkerhuis-kinderteater saam met die kleurvolle Klikkerlanders in die ATKV Neelsie-teater op Oudtshoorn. Die kleurvolle karakters se dae is vol poetse, planne en pret.
In hierdie maltrap avontuur ontsnap 'n paar veldmuise in die Klikkerhuis en maak groot amok. Een van die Klikkerlanders leer dat die ou gesegde, "Slim vang sy baas" baie waar is en verskeie poetse en misverstande veroorsaak groot konsternasie.
Die Klikkerlanders benodig ook die hulp van maats in die gehoor om 'n raaisel op te los. 'n Avontuurlustige Klikkerlander is seker hy is gereed om te vlieg in sy "vlieg stoel" en die kinders gaan saam met die Klikkerlanders leer hoe om 'n volstruis eier oop te maak. Kaartjies te koop deur Computicket.
Stem met 'n SMS
Die kykNET TV-kinderreeks, Klikkerland, is in twee 2017 Ghoema-kategorieë benoem waarvan een die ‘Beste kinderalbum of -DVD.’
Vanjaar kan die publiek in die nuwe kategorie, ‘Publiek se gunsteling duo of groep’ stem.
Om 'n stem uit te bring vir Klikkerland SMS, PDG20 na 39953. Elke SMS kos R2.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo nuus'