GRAAFF-REINET — Die inwoners van Graaff-Reinet kry dié naweek die geleentheid om hulle te verlustig in die talente van ‘n paar van Suid-Afrika se voorste musikante.
So ’n geleentheid word dié naweek in Graaff-Reinet aangebied wanneer die Afrikaanse musiekgroep Kaleidoskoop die dorp besoek.
Die besoek maak deel uit van ‘n landswye toer ter bekendstelling van hul nuwe CD, Gunsteling seisoen.
Graaff-Reinetters word genooi om ‘n aand vol stories en liedjies oor die lewe, liefde en menswees te geniet en om terselftertyd weggevoer te word deur instrumente soos kitaar, klavier, trekklavier, ukulele, mandolien en glockenspiel. Die groep se komposisies is vars en positief, met ’n boodskap van hoop.
Op aandrang van aanhangers sluit hul vertonings ook gewoonlik immergroen gunstelinge in.
Kaleidoskoop tree Saterdag, 27 Mei om 7.15nm in die John Rupert-teater in Graaff-Reinet op. Besprekings kan gedoen word by 074 831 1463. Toegangsgeld beloop R120 per persoon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'