GRAAFF-REINET NUUS - Die tema van Outeniqua Dames Aktueel se vergadering op Dinsdag 25 Oktober was 'Ons vier fees van toeka tot nou'.
Die program het bestaan uit 'n volkspele groep wat met hulle pragtige voortrekkerdrag en saamsing volksliedjies almal na ouma se mosbeskuit en kampvuur laat verlang het.
Verder het die dames die moderne groepie meisies se sierlike bewegings met hulle klassieke ballet terdeë geniet.
Elre Cronje van Mosselbaai het met haar praatjie, 'Adam sê dis Eva, Eva sê dis die slang: Nou waar lê die fout dan?', tot by Suid-Afrika se redenaarskompetisie gevorder. Sy het die dames se egos gestreel, want sy reken mans is afwesige gesagsfigure en seuns is lui… die dames is aan bewind!
Cornel Carstens, ook van Mosselbaai, se tema was ook 'Van toeka tot nou', maar sy het haar lewensverhaal op 'n humoristiese wyse vertel, gedramatiseer en gedans. Sy het die dames betower met haar vrolike persoonlikheid en skitterende flamenco dans.
Dames Aktueel kan as gevolg van hulle ongelooflike suksesvolle vrouedag in September, 'n bedrag van R15 000 aan Wehan van Jaarsveld, direkteur van The Dance Acadamies Studio-groep, skenk vir beurse vir minderbevoorregte leerders.
Vir meer besonderhede, kontak Louie Meyer by 044 874 6523 / 084 525 2130.
Die volkspele was kleurvol en vol vermaak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'