GRAAFF-REINET NUUS — Graaff-Reinetters kan dié Sondagaand, 26 Maart. uitsien na ’n Afrikaanse fliekaand by Te Watersaal in Bourkestraat.
Die NG Grootkerk sal die fliek, 'Jou Romeo' om 6nm die aand hier vertoon.
Die kerk nooi graag alle belangstellendes om saam met hul gesin die aand te kom geniet.
Diegene wat dit wil bywoon kan gemaklike kampstoele, kussings of komberse en 'n piekniekmandjie met eet- en drinkgoed (waaronder hopelik lekker springmielies) saambring en so 'n genotvolle aand met 'n Afrikaanse fliek op die silwerdoek meemaak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'