Video
OOS-KAAP NUUS EN VIDEO'S - Sneeu sak sedert Maandag 3 Junie oor talle passe en roetes in die Oos-Kaap uit. Die Lootsbergpas op die N9 tussen Middelburg en Graaff-Reinet is gesluit vir verkeer na hewige sneeuneerslae.
Die Penhoekpas op die N6 is uiters gevaarlik en glad. Veiligheids- en verkeerspersoneel monitor deurgaans die situasie. Die Witkransnekpas buite Middelburg is ook op dié stadium glad en moeilik begaanbaar.
Dié situasie word ook gemonitor.
Talle grondpaaie is onbegaanbaar na die sneeu. Die R391 tussen Hofmeyr en Molteno is ook glad met sneeu op die Groot Doornhoekpas en 'n sterk afloop in die Vlekpoortrivier.
Ooskaap Verkeer het pas bevestig dat Wapadsberg op die R61 gesluit is vir verkeer.
Tussen Hanover en Noupoort belemmer sneeu ook die Wintershoekbergpas. Op die N10, buite Gqeberha, het hoë branders verlede nag klippe oor die toegangsroete na dié stad gestrooi, en werkers sal deur die loop van die dag begin met opruimingswerk.
Verkeer vanuit Gqeberha word nie benadeel nie.
VIDEO: Wintershoekpas vanoggend
VIDEO: Die Vlekpoortkeerwal by Doornhoek op die R391
VIDEO: Die Vlekpoortrivier in vloed
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’