Op die video is die eerste drif van De Rust se kant af, Spookdrif, waar daar Maandag met gemak deurgery kon word. Op die foto's is die rivier, wat weerskante van Meijers Rust vloei. Skansdrif waar ons Maandag met 'n kano oorgegaan het, is onbegaanbaar en Damdrif waar mens kon deurstap is ook onbegaanbaar. Opruimingswerk wat nog tot gister by Spookdrift en Skansdrift gedoen is, is nou ongedaan gemaak.