ABERDEEN NUUS - Die polisie van Aberdeen is gisteroggend, Dinsdag, 4 April, omstreeks 08:40 ontbied na Vlakplaas nr 1 in die distrik waar 'n man se liggaam by 'n staalwindpomp aangetref is.
Alex Lombaard berig dat met die polisie se aankoms, het hulle die oorledene herken as 'n bekende plaaslike kontrakteur, Bevin Phillips. Phillips se naasbestaandes is onmiddellik van die tragiese gebeure in kennis gestel.
Geen gemenespel word vermoed nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’